Die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staatkundige bestel - 'n tendensbepaling
Abstract
Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing betree tans 'n fase wat as uiters dinamies en polities onstabiel beskryf kan word. Sedert die bewindsoorname van Jacob Zuma in 2009 is 'n tendens wat voorgehou kan word as die sekurokratisering van die Suid-Afrikaanse staat duidelik waarneembaar. Dit is veral binne die raamwerk van die sogenaamde sekerheidsgroepering dat politieke en staatkundige magsbasisse toenemend sekurokraties deur die regering van president Zuma hanteer word. Deur gebruik te maak van 'n ontledingsraamwerk waarin tendensbepalings moontlik is, word daar veral op die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die intelligensiedienste as voorbeelde van sekurokratisering gekonsentreer. 'n Tendens bekend as neopatrimoniale pretorianisme word geïdentifiseer met negatiewe implikasies en risiko's vir die konsolidering van demokratiese waardes binne die groter Suid-Afrikaanse staatkundige bestel.
URI
http://www.litnet.co.za/search/?q=Die+sekurokratisering+van+die+Suid%E2%80%93Afrikaanse+staatkundige+bestel+%E2%80%93+%27n+tendensbepalinghttp://hdl.handle.net/10394/23643
Collections
- Faculty of Humanities [2042]