Die skryf van 'n Afrikaanse eenpersoondrama : teorie en praktyk
Abstract
In hierdie studie word, ook aan die hand van die analise van 'n aantal Afrikaanse voorbeelde,
ondersoek ingestel na die aard van die eenpersoondrama om riglyne daar te stel vir die skryf
van suksesvolle eenpersoondramas. Nog relatief min is gedoen wat die teorie oor
eenpersoondramas betref, maar die voorkoms van die eenpersoondrama in die teaterwêreld is
opvallend. 'n Groot aantal suksesvolle Afrikaanse eenpersoondramas word jaarliks by feeste
en teaters aangebied en daarom word die eietydse Afrikaanse teaterlandskap as die fokus van
hierdie studie geneem.
Alvorens daar na die eenpersoondrama in die eietydse Afrikaanse teaterlandskap gekyk word,
is 'n teoretiese besinning rondom hierdie subgenre noodsaaklik, aangesien daar in bestaande
(veral Afrikaanse) dramateorie 'n opmerklik gebrek hieraan voorkom. Die eenpersoondrama se
oorsprong, geskiedenis en kenmerke is nog nie in die Suid-Afrikaanse dramateorie bespreek
nie. Hierdie subgenre het ontwikkel uit die negentiende-eeuse publieke voorlesings van gedigte
en voordragtelike interpretasie van literêre werke, tot sy kontemporêre vorm as 'n verfynde
teatervorm. Die opbloei daarvan kan onder andere aan ekonomiese toestande en 'n breër
kulturele gerigtheid op die "self" toegeskryf word.
Die onderskeidende kenmerke van die eenpersoondrama word relatief breedvoerig bespreek
met benutting van sekondêre bronne, maar daar word ook op analises van 'n aantal Afrikaanse
eenpersoondramas staatgemaak om die teorie aan te vul. Daaruit word dit duidelik dat die
dramaturg van die eenpersoondrama die moontlikhede benut om dramatiese voorstelling,
liriese bespiegeling en narratiewe verhaling met mekaar af te wissel. Sodanige studie en die
gevolgtrekkings waartoe gekom word, vorm ten slotte die grondslag vir die skryf van 'n eie
eenpersoondrama deur die skrywer van hierdie verhandeling.
Die studie bestaan dus uit ses hoofstukke. In die eerste vier word eers die internasionale, asook
plaaslike ontwikkeling van die eenpersoondrama bestudeer, waarna die onderskeidende
kenmerke en verskillende vorme van hierdie teatersoort onder die loep geneem word, 'n dramateoretiese
analise van 'n aantal Afrikaanse eenpersoondramas en, ten slotte, die daarstel van
enkele riglyne vir die skryf van 'n eenpersoondrama volg. Hoofstuk 5 van die studie bevat 'n nuutgeskrewe eenpersoondrama wat deur die teoretiese
werk, soos in die eerste vier hoofstukke vervat, gerig is. Hierdie oorspronklike teks vorm 'n
integrale deel van die verhandeling, en word gevolg deur 'n besinning op hoe die navorsing die
skryf van die eie eenpersoonstuk beïnvloed het. In hoofstuk 6 word afgesluit met 'n samevatting
en relevante gevolgtrekkings oor die projekgeheel. The following study reflects research conducted on the nature of one-person dramas, the
findings of which were then employed in analysing various Afrikaans examples of such
dramas, in order to formulate guidelines on how to successfully create one-person dramas. In
the past, studies have shown very little focus on the theory behind one-person dramas, even
though the appearance of the subgenre within the theatre industry has been notable. A large
amount of successful Afrikaans one-person dramas are annually presented at various festivals
and theatres, a fact which attests to the relevance of such a research undertaking.
Before attempting in-depth discussions on one-person dramas that have been performed
within the contemporary Afrikaans literary system, a theoretical reflection on this subgenre is
required – striving to fill the gap in this regard, with particular reference to the Afrikaans
theatre world. The origin, history as well as certain features of the one-person drama have
not yet been extensively investigated, nor theoretically discussed in South Africa. This form
of theatre heralds from 19th century public readings of poems and performative
interpretations of literary works but has, in its contemporary form, developed into refined
theatrical work. The recent interest in this art form can be attributed to economic conditions
and a broad cultural focus on the "self".
With the aid and utilisation of secondary sources, distinctive characteristics of the one-person
drama are discussed in relative detail in this study. Analyses of various Afrikaans one-person
dramas are also drawn upon in the process of theorising on the subgenre. From these it
becomes apparent that literary forms such as the narrative, lyrical and dramatic are utilised
interchangeably by playwrights when writing for this subgenre. The study and the
conclusions (subgenre guidelines) drawn from it, eventually enables the author of this
dissertation to produce and reflect on an own, original one-person drama (included with this
dissertation).
This dissertation consists of six chapters. In the first four, investigation into international as
well as local developments of one-person drama forms is reported upon, followed by the
identification of distinctive characteristics and different forms of this theatre type. The
theoretical findings are employed in analyses of a number of existing Afrikaans one-person drama texts, and this part of the study is concluded by a formulation of certain guidelines
which may be of assistance to playwrights attempting to create such a text.
Chapter 5 of the study contains a newly written one-man drama by the author of this
dissertation, the creation of which was guided by the findings of the first four chapters. This
original drama text forms an integral part of the dissertation and is followed by a reflection
on how the reported research has influenced the structuring of and language usage in it. In
chapter 6, the study is concluded with a summary as well as a formulation of relevant
conclusions on the project as a whole.
Collections
- Humanities [2681]