Watkin Tudor Jones se ver-werkliking van Ninja (2009) as 'n simulakrum
Abstract
Hierdie verhandeling ondersoek die wyses en proses waardeur die konseptuele
kunstenaar Watkin Tudor Jones die kletsrymerpersona Ninja as ’n simulakrum verwerklik.
Dit word gedoen aan die hand van ’n interpretasie van Jones se spel met
karakters en personas as deel van konseptuele kletsrymgroepe soos The Original
Evergreen, Max Normal, The Constructus Corporation, MaxNormal.TV, asook Jones
se konseptualisering van die ver-werkliking van Ninja as protagonis van die
kletsrymgroep en internetsensasie Die Antwoord. Jones se betrokkenheid by dié
groepe word as voortdurende performances beskou, wat met elemente van nuwemediakuns,
hip-hop- en elektroniese dansmusiek vervleg word ten einde konseptuele
kuns te skep. Die navorsing van die verhandeling trek verbande tussen Jones se
konseptuele kunsskepping en die poststrukturalistiese Franse filosoof Jean
Baudrillard se konseptualisering van die simulakrum. Die simulakrum behels die
stelselmatige vervanging en vernietiging van die oorspronklike werklikheid deur ’n
gesimuleerde werklikheid wat as ’n “nuwe oorspronklike” ervaar word. Die simulakrum
bestaan voort binne, wat Baudrillard, noem ʼn hiperwerklikheid. Hierdie verhandeling
gebruik Baudrillard se konseptualisering van die simulakrum en hiperwerklikheid as ’n
metode om Jones se verwesenliking van Ninja as ’n simulakrum sistematies uiteen te
sit en te interpreteer. Jones se spel met karakters en personas en eindelike
konseptualisering en skep van Ninja as deel van Die Antwoord, versluier sy eie
oorspronklike identiteit. Sedert die totstandkoming van Die Antwoord het Jones sy
oorspronklike identiteit as “Watkin Tudor Jones” laat vaar en vervolgens in sy
alledaagse werklike bestaan die uitlewing van Ninja aangeneem. Hierdeur word Ninja
’n “nuwe oorspronklike” wat Jones as die oorspronklike vervang en vernietig.
Vervolgens word Ninja as ’n simulakrum ver-werklik wat deur voortdurende simulasies
onderhou word en “voortleef” binne ’n hiperwerklikheid. This dissertation investigates the ways and processes through which the conceptual
artist Watkin Tudor Jones embodies the rap persona Ninja as a simulacrum. The
investigation is framed by an interpretation of Jones’s play with characters and
personas as part of various conceptual rap groups, such as The Original Evergreen,
Max Normal, The Constructus Corporation, MaxNormal.TV as well as Jones’s
conceptualisation and embodiment of Ninja as protagonist of the rap group and
internet sensation Die Antwoord. Jones’s participation in these groups can be viewed
as continuous performances, intertwined with elements of new media art, hip hop and
electronic dance music in order to create conceptual art. In this study Jones’s
conceptual art is interpreted in the light of French poststructuralist Jean Baudrillard’s
conceptualisation of the simulacrum. The simulacrum involves the systematic
replacement and obliteration of an original reality through a simulated reality which is
experienced as a “new original”. The simulacrum ultimately exists in what Baudrillard
calls a hyperreality. This dissertation applies the simulacrum and hyperreality as a
means to systematically expound and interpret Jones’ embodiment of Ninja as a
simulacrum. Jones’s play with characters and personas and his conceptualisation of
Ninja as part of Die Antwoord, ultimately veils his original identity. Since the
conceptualisation of Die Antwoord, Jones has abandoned his original identity as
“Watkin Tudor Jones” and subsequently adopted the realisation of Ninja in his
everyday existence. Through this, Ninja becomes a “new original” that replaces and
destroys Jones as the original. Consequently, Ninja is realised as a simulacrum that
is maintained by continuous simulations resulting in Ninja creating a hyperreality,
wherein he can continue to “exist”
Collections
- Humanities [2681]