NWU Institutional Repository

Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders?

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Vos, Judith Elizabeth

Supervisors

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

LitNet

Record Identifier

Abstract

Tans is die keuse van ’n geskikte skoolvoorgeskrewe roman vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders in die spervuur. Die interpretatiewe benadering is as teoretiese vertrekpunt gebruik om die vraag, naamlik of die jeugroman Onderwêreld1 deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders voldoen, te beantwoord. Om ’n mening te kon gee oor die geslaagdheid van sodanige werk was dit noodsaaklik om hierdie jeugverhaal aan bepaalde norme te meet. Eerstens is ’n literatuurondersoek onderneem om die outeursidentiteit2 van Viljoen, die aard en waarde van jeugliteratuur vir die adolessente leser, asook die leesvoorkeure en -behoeftes van sodanige leser te ondersoek. Tweedens is ’n dokumentontleding van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO, Afrikaans Huistaal) gedoen met die doel om vas te stel wat die vereistes vir die lees- en kykvaardighede, asook vir letterkundeonderrig in hierdie fase, behels. Vervolgens is norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir adolessente lesers uit die literatuurbevindinge en die KABV-dokumentontleding saamgestel. Laastens is die teks van Onderwêreld ontleed om vas te stel in welke mate die inhoud daarvan aan die nuutsaamgestelde norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir adolessente lesers voldoen. Gemeet aan sodanige norme voldoen Onderwêreld aan die voorgestelde vereistes en slaag hierdie jeugverhaal as voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders.

Sustainable Development Goals

Description

Citation

Vos, J.E. 2017. Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders?. Litnet Akademies, 14(1):259-280. [https://www.litnet.co.za/voldoen-onderwereld-deur-fanie-viljoen-aan-die-norme-vir-n-geslaagde-voorgeskrewe-werk-vir-graad-12-afrikaans-huistaal-leerders/]

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By