Ferdinand Postma-Biblioteek : sleutels tot die verlede, poorte na die toekoms
Abstract
Voorwoord : Ons vier die hoeksteen van kennis – die Ferdinand Postmabiblioteek.
Die Ferdinand Postma-biblioteek op die Potchefstroomkampus
van die Noordwes-Universiteit vier vanjaar sy sewe-en-sestigste
bestaansjaar. Die hoeksteen van die huidige biblioteekgebou is gelê
op Saterdag 17 Maart 1951, terwyl die biblioteek op daardie stadium
nog in die Ou Hoofgebou geleë was. Hierdie nuwe gebou met al sy
uitbreidings en aanbouings oor die jare heen het werklik die hart van
die kampus geword.
Die Ferdinand Postma-biblioteek was en is steeds vir baie generasies 'n onvergeetlike baken op die kampus - 'n simbool van harde werk, lang ure, leer, navorsing en uiteindelik sukses.
Op die vooraand van die 150ste bestaansjaar van die
Potchefstroomkampus vier hierdie spesiale herdenkingsuitgawe van die geskiedenis van die Ferdinand Postma-biblioteek sy nederige begin, maar lewer terselfdertyd 'n unieke bydrae tot die mylpale in die geskiedenis van die kampus. Argitektonies gesproke (as die eerste moderne, na-oorlogse gebou van die Universiteit) is dit vandag
Argitektonies gesproke (as die eerste moderne, na-oorlogse gebou van die Universiteit) is dit vandag steeds 'n belangrike baken en 'n vertoonstuk van die groei en akademiese ontwikkelingf van die Universiteit. Die Biblioteek het homself uitstekend geposisioneer - nie net om 'n bydrae te lewer tot die inligtingsera nie, maar ook om 'n pionier te wees op die gebied van biblioteek- en inligtingsdienste.
Mag hierdie viering van die geskiedenis van die Biblioteek goeie herinneringe terugbring, maar mag
dit ook die toekomstige geslagte inspireer om baanbrekers te wees op elke nuwe gebied.
Prof Fika Janse van Rensburg
Adjunk-visekanselier: Potchefstroomkampus
Noordwes-Universiteit
Junie 2018
Collections
- Miscellanea [25]