Roelof Temmingh's Kantorium
Abstract
Roelof Temmingh’s Kantorium (2004) is one of three works for which the composer received the Helgaard Steyn award. Even though this oratorio-like work can be regarded as one of the most significant contributions by any composer to the repertoire of sacred music in South Africa, the work’s first and thus far only performance
was given in Speyer, Germany, in the year of its completion. Its German libretto and the large forces required for its performance (four vocal soloists, choir and full orchestra) may account for the fact that it has not yet been given a hearing in South Africa, thus depriving South African audiences of the opportunity of getting to know the work. With one exception – an article by Martina and Nicol Viljoen – the work has thus far also escaped scholarly attention. The present article tries to rectify this neglect by providing a detailed history of the work’s genesis as well as a careful analysis of its musical and textual features and its theological intent. It concludes with a few pertinent questions that Temmingh’s magnum opus raises in the context of sacred music in South Africa. Roelof Temmingh se Kantorium (2004) is een van die drie werke waarvoor die komponis die Helgaard Steyn-toekenning ontvang het. Hoewel hierdie oratoriumagtige werk as een van die belangrikste toevoegings deur enige komponis tot die repertorium van gewyde musiek in Suid-Afrika gereken kan word, het die eerste en tot dusver enigste uitvoering daarvan in Speyer, Duitsland plaasgevind in die jaar waarin die komposisie voltooi is. Die werk se Duitse libretto sowel as die omvangryke besetting (vier vokale soliste, koor en volle orkes) is moontlik die rede waarom dit nog nie in Suid-Afrika uitgevoer is nie en daarom plaaslike gehore nog nie die geleentheid gehad het om dit te leer ken nie. Met die uitsondering van ’n artikel deur Martina en Nicol Viljoen het die werk tot dusver ook nog geen wetenskaplike aandag getrek nie. Die huidige artikel is ’n poging om hierdie leemte te vul. Dit verskaf ’n gedetailleerde ontstaansgeskiedenis sowel as ’n sorgvuldige analise van die werk se musiek en teks en sy teologiese boodskap. Ter afsluiting word melding gemaak van enkele indringende vrae wat deur Temmingh se magnum opus aan die orde gestel word.