Die benutting van direkte bemarking op ’n geïntegreerde promosiestrategie
Abstract
Hedendaagse ondernemings bevind hulself in ’n hoogs kompeterende en
dinamiese omgewing. Die onderneming wat egter bo die res gaan uitstyg, is die wat vir
hul kliënte omgee en die waarde en voordele van hul produkte en dienste suksesvol
onder die aandag van die kliënte bring. Die oorlewing en groei van ondernemings gaan
dus afhang van hoe goed hulle in kliënte se behoeftes kan voorsien (Marcus, 2003).
Die fokus van hierdie studie is op die aanwending van direkte bemarkingsinstrumente
as deel van ’n geïntegreerde bemarkingskommunikasie program te vorm. Die doel van
sodanige strategie is om kliëntekontak te optimaliseer en handelsmerk lojaliteit te
bevorder. Dit sal nie net die effektiwiteit van die verskillende bemarkingsinstrumente
verbeter nie, maar kan ook aan ondernemings ’n substansiële mededingende voordeel
bied.