'This was no election, it was a census': the IEC declaration of the April 1994 general election as free and fair in South Africa - a complex process?
Abstract
Alhoewel die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika reeds 12 jaar gelede
gehou is, is die kriteria gebruik deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie
(OVK) om die April 1994 verkiesing “vry en regverdig” te verklaar nog nooit
waarlik deur historici en politieke wetenskaplikes nagevors nie. ‘n Vraag wat
reeds ‘n lang tyd by studente van die geskiedenis en politiek bestaan is of die
OVK geoorloof was om die verkiesing van April 1994 in Suid-Afrika as “vry
en regverdig” te verklaar “ondanks geweld en intimidasie wat gedurende dié
tyd voorgekom het”? Het dit oor die nodige kennis en menslike hulpbronne
beskik om die verkiesing “vry en regverdig” te verklaar? Het dit die vermoë
gehad om daadwerklik die veelvuldige probleme insluitende geweld,
intimidasie en verkiesingsbedrog gedurende die verkiesingsperiode die hoof
te bied? DL Horowitz, lid van die Demokratiese Party (DP), het nadat hy
van die talle probleme ondervind deur die OVK te hore gekom het, verklaar
dat die April 1994-verkiesing in werklikheid geen verkiesing was nie, maar
eerder ‘n sensus. In dié artikel probeer die navorser Horowitz se stelling én die
komplekse proses rondom die 1994-verkiesing ontleed.