The first 'white' town north of the Vaal: inequality and apartheid in Potchefstroom.
Abstract
Alhoewel die 'gekleurde' en 'naturelle'-inwoners van Potchefstroom van
die vroegste bewoners van hierdie dorp was, was hulle posisie as gevolg van
segregasie en marginalisering altyd onseker. Verskillende opeenvolgende
administrasies het hulle lewens drasties ingeperk en hulle slegs verdra as die
diensknegte van wit belange. Die klem word geplaas op hulle besondere
ervarings met betrekking tot hierdie beperkings, hulle gedwonge verwydering
na ander gebiede, hulle sosiale en historiese onsigbaarheid en die ekstreme
beheermaatreëls deur die plaaslike owerheid om hulle deel te maak van die
grandiose stelsel van sosiale manipulasie (apartheid). Die stelsel van beheer
was so totalitêr van aard dat selfs die plaaslike wit liberale uitings van
andersdenkendheid uiters paternalisties was.